Assosiaatlede
Assosiaatlede sal bestaan uit:
· Tegnici wat met toelating:
- (a) aktief betrokke is in siviele ingenieurswese;
- (b) geregistreer is as ‘n Ingenieurs- tegnikus in terme van Die Ingenieurs Professie van Suid-Afrika Wet, (Wet 114 van 1990);
of
- (c) ten minste die jaar praktiese opleiding en ondervinding het wat in die opinie van die Raad toelating regverdig;
en
- (¡) óf so ‘n tersiêre kwalifikasie in siviele ingenieurswese verwerf het vir die doel deur die Raad erken,
óf
- (ii) ‘n lid wees van ‘n ingenieurs instituut of vereniging erken vir die doel deur die Raad.
· Persone wat nie ‘n kwalifikasie in siviele ingenieurswese verwerf het nie, maar ‘n status in die professie waarin hulle gekwalifiseer is bereik het, wat vergelykbaar is met die van ‘n Graduaatlid van die Instituut.
· Persone nie verkiesbaar vir korporaat lidmaatskap wat met toelating:
- (a) so ‘n akademiese kwalifikasie hou wat vir die Raad aanvaarbaar is, of wat ‘n ad hoc of ander eksamen geslaag het uiteengesit deur ‘n paneel van eksaminators deur die Raad genomineer,
- (b) aktief betrokke is by siviele ingenieurswese;
- en
- (c) ten minste vier jaar praktiese opleiding en ondervinding in siviele ingenieurswese wat in die opinie van die Raad hulle verkiesing regverdig.
|